
DIE Stad Kaapstad waarsku inwoners dat water in die sentrale, suidelike en oostelike voorstede verkleur is.
Inwoners in die geaffekteerde areas word gevra om hul water, as ’n voorsorgmaatreël voor gebruik, te kook.
Volgens die mayco-lid belas met water, dr. Zahied Badroodien, is die areas wat geraak word meestal aan die suidelike kant van die N2-snelweg.
Areas soos die Strand, Khayelitsha, Philippi sowel as Plumstead en tot by Muizenberg op die suidelike voorstede word geraak.
Volgens Badroodien is daar ’n fout by die Faure Water Treatment Plant wat weens die effects van onlangse beurtkrag veroorsaak word. Die loadshedding het gelei na beperkte operasionele ure vir die slykhanteringsproses.
Badroodien sê verder: “Hierdie deel van die behandelingsproses kan nie aangevul word deur kragopwekkerkapasiteit nie as gevolg van hoë energievraag.”