Speaker trek vir ‘kroos voor’

akkreditasie
Opposisiepartye beskuldig die SBM-speaker, Olwene Daniels, daarvan dat sy haar kinders en dié se boyfriends voortrek as dit by jobs kom.
Opposisiepartye beskuldig die SBM-speaker, Olwene Daniels, daarvan dat sy haar kinders en dié se boyfriends voortrek as dit by jobs kom.
Netwerk24

OPPOSISIEPARTYE in die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM) skree nepotisme omdat die speaker na bewering haar kinders en hul partners voortrek as dit by aanstellings kom.

Opposisiepartye het onlangs tydens ’n raadsvergadering kapsie gemaak omdat die speaker, Olwene Daniels, glo haar kinders voortrek vir vakatures binne die munisipaliteit.

’n Raadslid vir die Good-party, Ryan Don, het Donderdag tydens die raadsvergadering ’n dringende mosie gebring. Dié mosie hou verband met ’n brief wat die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, aan Daniels gestuur het.

Daarin vra Bredell haar oor bewerings van wanbestuur, onwettige inmenging in aanstellings en nepotisme sover dit die aanstelling van die speaker se familielede in die munisipaliteit gaan.

’n PA-raadslid Sammy Claassen, het dié mosie gesekondeer. Die ANC sowel as die EFF wou weet hoekom Daniels nie Bredell se brief by die raad ingedien het vir besprekings nie.

Claassen sê verder opposisiepartye het ook kapsie gemaak oor die feit dat die betrokke brief nie aan die raad bekendgestel is nie en waarom dié ernstige bewerings nie ondersoek is nie.

Die speaker het toe die raad gevra om vir of teen Donderdag se mosie te stem, waarna opposisiepartye verder kapsie gemaak het.

Daniels is versoek om haarself te verskoon, aangesien sy tydens die stemmery nie teenwoordig mag wees nie.

“Die speaker het egter op grond van die munisipale bestuurder se swak advies geweier om haarself te verskoon,” voeg Claassen verder by. Die stemming het voortgegaan en die uitslae is 13 (DA) stemme teen die mosie en 12 vir dié van opposisiepartye.

Die Cape Coloured Congress en die FF Plus het buite stemming gebly.

Claassen hou egter vol die opposisiepartye soos die PA, EFF en ANC het behoorlik hul stemme dik gemaak.

Hulle het dit duidelik gemaak dat onetiese en onregverdige gedrag nie geduld gaan word nie.

Hy voeg by: “Die speaker moet ondersoek word vir die bewerings en klagtes van wangedrag, inmenging in die administrasie, inmenging in aanstellings van haar kinders en hul boyfriends.

“SBM maak asof die kwessie nie meer bestaan nie.”

Afgehandel

’n SBM-woordvoerder, Ethne Lawrence, sê: “Die bewerings is tydens die vorige raad se termyn van kantoor gemaak en word geag as afgehandel.”

Bredell se woordvoerder, Wouter Kriel, is al Maandag om kommentaar genader, maar het nie van hom laat hoor nie.

Al wat Son van Kriel wou hê, is bevestiging van sy baas (Bredell) se brief aan Daniels, en watter volgende stappe beplan word.

Ná ’n hele week se gewag, wil dit blyk asof Kriel nie tyd kon vind om hierdie twee vrae te beantwoord nie.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees