Só lyk simptome van monkeypox

akkreditasie
Die eerste geval van monkeypox is nou in Kaapstad.
Die eerste geval van monkeypox is nou in Kaapstad.
Foto Verskaf

NOUDAT die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (Nios) die eerste geval van monkeypox in Kaapstad bevestig het, wil die Stad Kaapstad mense bewus maak van die simptome.

Patricia van der Ross, mayco-lid van gemeenskapsdienste en gesondheid, sê die stad werk nou saam met ander rolspelers in die regering en Nios om die uitbreek te beheer.

"Die virus kan van diere na mense versprei word en van mens tot mens. Dit word deur fisieke kontak versprei.

"Maar die kans dat dit versprei word is steeds min. Mense word nie maklik deur die virus aangesteek nie. Dit is baie minder oordraagbaar as Covid-19."

Simptome van die virus is koors, erge hooffpyn, spierpyne, rugseer, min energie, geswelde limfkliere en 'n uitslag op die vel.

Die uitslag begin tussen 1 en 3 dae nadat jy koors begin kry het.

Dis die meeste op jou gesig, handpalms en sole van jou voete. Dit kan ook in jou mond, geslagsdele en oë wees.

Simptome sal oor tussen 2 en 4 weke weggaan sonder dat jy behandeling kry.

Maar babas, kinders, swanger vroue en mense met onderliggende siektes, kan ernstig siek word.

Van der Ross sê die stad sal mense toets en behandel wat die virus het.

Vir meer inligting oor die virus, gaan na Nios se feiteblad.



Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees