Shireen Essop: Verdagte vas oor ‘gesteelde’ eiendom

akkreditasie

DIE polisie het 'n 28-jarige verdagte gearresteer vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere wat aan die ontvoeringslagoffer Shireen Essop behoort.

Essop (34) het op 23 Mei op pad huis toe in Weltevredenweg in Philippi vermis geraak. Sy is op 11 Junie met haar familie herenig.

In 'n verklaring Woensdagaand sê die polisie die verdagte is deur speurders van hul eenheid teen georganiseerde misdaad gearresteer.

Brig. Novela Potelwa, 'n polisiewoordvoerder, sê die verdagte sal na verwagting Donderdag in die Kaapstad-landdroshof verskyn.

Potelwa sê soos die ondersoek ontvou, kan verdere arrestasies nie uitgesluit word nie.

"Verdere besonderhede oor die saak sal na verwagting tydens die gearresteerde verdagte se hofverskyning uitkom," sê Potelwa.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees