KYK | Sewejarige seuntjie se lyk onder boom gevind

akkreditasie

BEBLOEDE klere wat nie ver van die toneel af gevind is waar 'n sewejarige seuntjie se liggaam ge-dump is, hou dalk verband met sy vermeende moord.

Eljay Meyer van Louwville in Vredenburg se liggaam is Dinsdag by die bekende Jesus Klip gevind, nadat hy vir twee dae vermis was.

Hy is met 'n knop aan sy voorkop,'n skewe mond en sand aan die kant van sy gesig, onder 'n boom aangetref.

Forensiese beamptes wat die toneel gefynkam het vir leidrade, het beslag gelê op die bebloede klere en het foto's van die toneel geneem.

'n Woordvoerder vir die polisie, sers. Wesley Twigg, het bevestig die Vredenburg-polisie het Maandag 'n saak van 'n vermiste 7-jarige seuntjie oopgemaak, nadat hy verdwyn het.

Twigg sê: "Die liggaam van die seun is Dinsdag by Jesus Klip aangetref.

" 'n Nadoodse dossier is geregistreer en 'n nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal."

Twigg vra enigiemand met inligting, wat met die ondersoek kan help, om Crime Stop by 08600 10111 te kontak.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees