
SASSA in die Wes-Kaap het gesê sy dienste in Khayelitsha is weer aan die gang.
Luidens 'n verklaring deur Sassa erken hy daar was 'n tydelike onderbreking omdat hy 'n ander perseel moes kry.
Sassa besit nie enige sites in Khayelitsha nie en moes spasie huur saam met die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling. Hy moes in 2021 begin soek na 'n ander perseel omdat die plek opgeknap moes word en het die Stad Kaapstad gevra om te help.
Die Stad Kaapstad kon Sassa uiteindelik help by die Khulani Resource Centre.
Sassa se dienste by die Khulani Resource Centre is ten volle aan die gang sedert 3 Augustus. Hy is ook besig om ander sites in Khayelitsha te kry om sy dienste uit te brei. Details sal later bekend gemaak word.
Sassa vra verskoning vir die ongerief en sal daaraan werk om die mense in die gemeenskap te dien.