SA's got Talent se James Bhemgee is oorlede

akkreditasie
James Bhemgee, die wenner van SAGT-2010  het gesterf.
James Bhemgee, die wenner van SAGT-2010 het gesterf.
foto verskaf

DIE klassieke sanger James Bhemgee (57) van Rocklands in Mitchells Plain is oorlede.

Die 2010-wenner van die plaaslike talentkompetisie South Africa’s Got Talent het die week afgesterf.

Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend gemaak nie. Maar daar is gerugte dat hy siek was.

Die charismatiese Kaapse sanger en showman Alistair Izobel betreur die talentvolle tenoor se dood.

Izobel skryf op Facebook: “Rus sag, my broer. Jou stem sal vir ewig in my kop speel.

“Jou reis is voldaan.

“Jy het baie harte laat glimlag met jou talent en sjarme.”

Bhemgee is ’n voormalige straatveër en werklose tenoor. Hy het SA’s Got Talent in 2010 gewen.

Hy is die eerste keer in die strate van Kaapstad ontdek deur ’n vrou wat hom hoor sing het terwyl hy as ’n straatveër gewerk het. Sy was beïndruk deur sy talent en sy het betaal vir sy vocal training.Hy het die wêreld se aandag getrek met sy ongelooflike stem en het sedertdien die voorreg gehad om by talle uitverkoopte optredes op te tree.

Rus sag, James Bhemgee. 

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees