Sangoma piemp toe oor hit

akkreditasie

DIE onder-burgie van die Theewaterskloof-munisipaliteit het hom boeglam geskrik toe hy uit die bloute ’n oproep van ’n sangoma ontvang het.

In die oproep sê John Michels die sangoma het twee mans gepiemp wat hom wou doodmaak.

Volgens Michels het die twee onbekende mans onlangs die sangoma besoek om muti te maak sodat hy kan val. Nadat Michels as onder-burgie aangestel is, was daar baie jaloesie in die gemeenskap. Son verneem daar is toe al reeds ’n hit op sy kop gesit.

“Ek ken glad nie hierdie sangoma nie. Hy het my gebel en vir my gesê daar is twee mans by hom wat my wil doodmaak. Hulle het toe vir die sangoma gevra om muti te maak sodat hulle dit op my kan gebruik. Ek ken hierdie mans glad nie en die sangoma het ook nie gesê wie hulle is nie.”

Volgens Michels het hy onmiddellik na die Caledon-polisiestasie gegaan om die saak aan te meld oor hy weet dit was nie ’n grap nie.

Hy sê egter niks sal hom daarvan keer om sy werk as onder-burgie uit te voer nie.

Michels sê: “Ek is hier om te bly en ek gaan nêrens nie. Niemand en niks gaan my keer om my werk te doen nie, hulle kan maar wat probeer.

kallie papier
Kallie Papier (links) sê hy het uitgevind dit kos so min soos R10 000 om iemand in Grabouw te laat vermoor.

Beskerm

Volgens hom moes hy intussen vir hom sekuriteit aanstel om hom te beskerm.

Michels sê oud-polisiemanne beskerm hom tans wat later permanent as VIP-beskerming in die TWK-munisipaliteit aangestel sal word. Toe Son Kallie Papier, die mayor van die TWK-munisipaliteit, vir kommentaar nader, het hy gesê die situasie is kommerwekkend.

Volgens Papier is daar ses van hul raadslede wat intussen doodsdreigemente ontvang het.

Hy sê die intelligensie was juis gister daar oor die ernstigheid van die saak: “Ons het ’n sekuriteitsmaatskappy ingekry, maar dit was ’n noodaanstelling en ons kon hulle nie aanhou nie. Dis ’n baie duur storie.

“Ons lei nou ons eie mense vir VIP protection op. Daar het die afgelope tyd baie hits uitgegaan. Ek beskou dit as ernstig en kommerwekkend. “Ek wil nie daai skuldgevoel op my hê as hulle iets moet oorkom nie. Geld maak nie saak by my nie. Die wetgewing sê ek en die speaker kan elkeen ’n kar en wag het.

“As daar op raadslede ’n threat is, kan ons dit in plek het. Black lives matter nie by die DA nie.

“Hulle worry nie oor die wetgewing nie, maar oor hoeveel geld betaal gaan word. Vandag het die intelligensie ingekom, só ernstig is die saak. Ek ken nie dié goed nie. Hier in Grabouw kry jy ’n hitman vir tussen R10 000 tot R20 000.

“As jy na die trend kyk, het dit ’n politieke invloed. As jy na Solly wat doodgeskiet is se saak kyk, was hy by ’n sekere koukus betrokke. Ná sy dood toe kom die ander threats. Die mense speel politiek met ons lewens.”

solly ntwana
Solly Ntwana, ’n munisipale amptenaar, is vroeër vanjaar vermoor.

Die Solly waarna Papier verwys, is Solly Ntwana, ’n munisipale amptenaar wat in Februarie vanjaar voor sy huis doodgeskiet is. Die skieters het hom en sy seuntjie doodgeskiet en toe gevlug.

’n Polisiewoordvoerder, AO Joseph Swartbooi, het bevestig die omstandighede rondom die saak word ondersoek. Dit nadat ’n 57-jarige man op 13 Mei omstreeks 11:20 ’n saak by die Caledon-polisiestasie gemaak het.

Swartbooi verduidelik: “Die klaer het ’n oproep van ’n onbekende persoon gekry wat hom ingelig het twee mans komplot om hom dood te maak. Die ondersoekbeampte is tans besig om alle beskikbare inligting op te volg om te verseker ’n deurbraak word gemaak sodat ’n arrestasie gemaak kan word.

“Die verdagtes in die saak is onbekend en moet nog gearresteer word.”

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
48% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees