Patoloog gee gru-getuienis

akkreditasie
Moehydien Pangaker het by ’n vorige geleentheid erg geslaan by die hof opgedaag.
Moehydien Pangaker het by ’n vorige geleentheid erg geslaan by die hof opgedaag.
Astrid Februarie

DIE klein meisiekind se liggaampie is erg vermink.

’n Patoloog en ’n expert in menslike beendere het Donderdag in die Kaapse hooggeregshof getuig watter beserings Tazne van Wyk alles opgedoen het.

Die prentjie wat geskets is, is allermins mooi en kom daarop neer dat die mooi, klein meisie ’n wrede, geskende en moeilike dood gesterf het.

Tazne (8) het op 7 Februarie 2020 verdwyn nadat sy na die tuckshop in hulle straat in Elsiesrivier gegaan het.

Haar erg ontbinde lyk is twee weke later in ’n stormwatersloot langs die N1-deurpad naby Worcester gekry.

Die beskuldigde, Moehydien Pangaker (56), pleit onskuldig op die klagte teen hom.

Hy word deur 27 klagte in die gesig gestaar, waar­onder moord, ontvoering en verkragting.

Hy is twee dae voordat Tazne se ontbinde lyk gevind is, in Cradock in die Oos-Kaap opgespoor en gearresteer.

stormwater
Dis in dié stormwatersloot langs die grootpad waar die meisie se lyk gevind is.

Die patoloog dr. Ingrid Herbst het getuig van beserings wat Tazne aan haar nek, bors en kop gehad het.

Dr. Louis Friedland van die Paarl het getuig oor die beserings aan Tazne se beendere.

Friedland is ’n kundige oor menslike beendere.

Die getuienis is dat Tazne seksueel gemolesteer is en dat ’n stomp voorwerp in haar opgedruk is.

Friedland het voorts getuig die meisie se pelvis het verskuif en dit het voorgekom soos ’n minderjarige kind wat die lewe sou skenk.

Friedland het ook in detail getuig oor die erge beserings wat Tazne aan haar kop, nek en bors opgedoen het.

Haar skedel was gekraak en daar was bloeding op die brein.

Herbst het weer getuig dat haar linkerhand afgesny is en dit kon nie gevind word nie.

Volgens Herbst se bevindinge was Tazne reeds dood toe haar hand afgesny is.

Tazne van Wyk
Tazne van Wyk

Volgens die patoloog moes die nekbeserings die laaste toegedien gewees het terwyl sy nog geleef het.

Dit het wel tot haar dood gelei. Sy kon egter nie bevestig of Tazne seksueel gemolesteer is nie.

Volgens haar was die lyk so erg ontbind, sy kon nie uitmaak of dit ’n man of ’n vrou is nie.

Harde hou

Tazne is volgens getuienis ook verwurg en van haar ribbes was gebreek.

Die gebreekte ribbes het volgens getuienis gevolg ná ’n harde hou met ’n stomp voorwerp.

Friedland het ook getuig oor die hand wat afgesny is.

Volgens haar getuienis is dit eers met ’n skerp voorwerp gesny en daarna afgeruk.

Sy het ook getuig oor die kopbeserings wat Tazne opgedoen het en het getuig Tazne het nog geleef toe die beserings toegedien is.

Friedland kon net getuig dat ’n stomp voorwerp in die proses gebruik kon gewees het.

Daar is ook in fyn besonderhede getuig oor ’n stomp voorwerp wat in Tazne opgedruk is.

Sy het getuig Tazne se pelvis was verskuif, wat aandui dat daar ’n voorwerp van onder af in haar opgedruk was.

Friedland het verder getuig dat Tazne in erge pyn moes gewees het indien sy lewend was toe dit gebeur het.

Sy het getuig dat die kind op haar rug moes geplaas gewees het.

Telefoonrekords

Speurder-kapt. Jan Morris het daarna getuig oor die telefoonrekords wat hulle van die Nokia-selfoon gekry het. Dié was in Pangaker se besit toe hy in Cradock gearresteer is.

Die ondersoekbeampte, kapt. Martin Plaatjies van die FCS-eenheid in Delft, het ook getuig.

Die saak gaan voort.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees