Overstrand beveg misdaad

akkreditasie
Foto ter illustrasie.  Foto: Verskaf
Foto ter illustrasie. Foto: Verskaf

IN 'N gekombineerde poging om misdaad te verminder, het die Overstrand-munisipaliteit se K9-eenheid, taakspan en flying squad saam met die polisie van Hermanus en Gansbaai, inligting opgevolg van dwelmaktiwiteite daar.

Volgens die Overstrand se onderburgemeester, Lindile Ntsabo, is drie huise in Hermanus en twee huise in Gansbaai op 12 Mei deursoek en dagga en Mandrax is daar gekry. Die verdagtes is gearresteer.

In die gesamentlike operasie is padblokkades gehou en oortreders van by-laws is ook beboet. Boetes ter waarde van  R230 000 is uitgereik.

"Altesame 14 mense wat deur die gereg gesoek is, is in die Gansbaai-area gearresteer."

Beamptes het ook mense gestop en deursoek en beslag is gelê op gevaarlike wapens.

"Nog 'n persoon is gearresteer nadat gesteelde goed op hom gekry is."



Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees