Omstrede skoolhoof verloor appèl teen afdanking

akkreditasie
 Wesley Neumann skoolhoof van Heathfield Hoerskool.
Wesley Neumann skoolhoof van Heathfield Hoerskool.
Peter Abrahams

DIE skoolhoof wat sedert lockdown in omstredenheid gehul was, Wesley Neumann (36) van Hoërskool Heathfield, het sy appèl teen sy afdanking verloor.

Die groot herrie rondom hom het losgebars  toe hy in Junie 2020 tydens die klipharde lockdown besluit het om die skool te sluit weens die Covid-19-pandemie.

'n Dissiplinêre verhoor het gevolg. In Oktober is hy deur die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) afgedank ná hulle die sluiting van die skool as onwettig bevind het. Die departement het ses klagte van wangedrag teen die hoof ondersoek. Maar daar is steeds ’n moontlikheid dat hy in die onderwys kan bly.

Die provinsiale minister van onderwys, Debbie Schäfer, het in ’n verslag wat aan die media gestuur is, gesê sy appèl het nie geslaag nie. Die verslag lui dat sy afdanking steeds staan en hy kan weer werk as hy demote word en ’n pos as departementshoof by een van drie skole aanvaar. Hy moet teen 20 Mei antwoord.

Neumann se lawyer, Vernon Seymour, sê hy het die verslag gesien en wil dit eers noukerig deurgaan en die rationaal agter alles sien.

“Daar is nuwe winde wat waai deur die departement van onderwys met ’n nuwe minister en departementshoof.

“Hulle was nie daar toe die dinge gebeur het nie, en sal dalk oop wees om te praat.”

Seymour sê Neumann is ’n opvoeder wat toegewyd is tot die onderwys en sal iets wil terugploeg in die onderwys.

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees