
'n Polsievrou is Dinsdagaand by haar huis in Leiden, in Delft, doodgeskiet.
Foto ter illustrasie
'N POLISIEVROU van Delft wat van diens af was, is Dinsdagaand in Delft, Kaapstad, doodgeskiet.
Besonderhede omtrent die voorval is vaag.
'n Woordvoerder van die polisie, brig. Novela Potelwa, sê ooggetuies het vertel sy het voor haar huis in Gilostraat, Leiden, saam met drie ander mense gestaan toe twee gewapende mans op haar losgebrand het.
Sy is 'n konstabel by Tafelbaai se hawepolisie.
Potelwa sê speurders van die direktoraat van prioriteitsmisdaadondersoeke (DPCI) het die saak oorgeneem. Geen arrestasies is nog gemaak nie.