Murray, Fry nuwe gesigte in wetgewer

akkreditasie
Christopher Fry en Cayla Murray saam met adjunk-speaker Beverley Schäfer, wie die twee ingesweer het.
Christopher Fry en Cayla Murray saam met adjunk-speaker Beverley Schäfer, wie die twee ingesweer het.
WCPP

DAAR is twee nuwe gesigte in die Wes-Kaapse parlement.

Die twee het hulle by die DA-koukus aangesluit en vervang twee voormalige provinsiale ministers.

Albert Fritz en Debbie Schäfer is in die wetgewer deur 'n voormalige woordvoerder, Cayla Murray, en parlementslid, Christopher Fry, vervang.

Schäfer het bedank en is tans werksaam by die Britse Inkomste en Doeane (HMRC). 

Fritz is deur die premier Alan Winde as minister afgedank en het kort daarna uit die wetgewer bedank. Dit spruit uit 'n onafhanklike ondersoek oor beweringe van seksuele wangedrag.

Intussen sal Fry na verwagting Vrydag as die nuwe voorsitter van die staande komitee oor die premier en grondwetlike sake verkies word. Hy sal ook dien in staande komitees oor gesondheid, onderwys en maatskaplike ontwikkeling.

Murray is die aangewese nuwe voorsitter van die staande komitee oor finansies, ekonomiese aangeleenthede en toerisme. Sy sal ook dien in die komitees oor menslike nedersetting, plaaslike regering, landbou, omgewingsake en ontwikkeling.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 297 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees