Matie skuldig aan seksuele wangedrag

akkreditasie

'N MANSTUDENT aan die Universiteit van Stellenbosch (US) is skuldig bevind aan seksuele wangedrag.

Dit kom nadat ’n vrouestudent van Maties op 18 Mei ’n beweerde seksuele aanranding by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangemeld het. Die betrokke student ook ’n klag by Maties se eenheid vir gelykwaardigheid ingedien wat die saak na die Kantoor vir Studentedissipline verwys het vir ondersoek. ’n Studentedissipline-ondersoek het gevolg en die onafhanklike Sentrale Dissiplinêre Komitee (SDK) het daarna 'n verhoor aangaande die saak gehou.

Op 4 Augustus 2022 het die SDK 'n manstudent skuldig bevind aan gevalle van seksuele wangedrag in die Majuba-koshuis op 17 Mei 2022. Gevolglik is die manstudent uit die US geskors en die sanksies moet vir die studentegemeenskap gepubliseer word op ’n wyse wat studentedissipline aanvaarbaar vind.

Die identiteit van die partye moet geredigeer word en geen inligting mag bekendgemaak word wat dit sal moontlik maak om enige getuies in die saak te identifiseer nie.

Kriminele klag 

Luidens 'n verklaring van Maties duur 'n kriminele klag rakende hierdie saak voort.

"Die Universiteit staan daarby dat geen geslagsgebaseerde geweld enigsins geduld sal word nie," sê prof Deresh Ramjugernath, Viserektor: Leer en Onderrig.

"As bestuur herhaal ons weer eens ons diepe kommer oor voorvalle van seksuele wangedrag. Die Universiteit veroordeel alle vorms van misdaad en enige skending van menseregte, insluitende geslagsgebaseerde geweld, ten sterkste.

"Ons sal voortgaan om geslagsgebaseerde geweld op ons kampusse te beveg in ooreenstemming met ons beleid oor onbillike diskriminasie en teistering.

"Die US-bestuur respekteer die onafhanklikheid van die dissiplinêre proses en heg groot waarde aan die kundigheid van die SDK," voeg Ramjugernath by. 

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees