NOG ‘n man is Maandagoggend in Hanover Park doodgeskiet.
Cheslian Roman (30) is verskeie kere in Lynstone Road geskiet en is op die toneel dood.
Die voorval het omstreeks 07:20 plaasgevind en die cops moet nog vasstel of die motief vir die moord bendeverwant is.
Volgens inwoners is daar Sondagoggend ook iemand voor die daghospitaal raakgeskiet.
Hanover Park het die afgelope tyd erg deurgeloop onder die bendeskietery tussen die Ghettos en die Park Kids.
Niemand is nog vir die moord gearresteer nie.