
'N 34-jarige man het Donderdag in die Witrivier-landdroshof in Mpumalanga verskyn op klagte dat hy die minister van polisie, Bheke Cele, op sosiale media nagemaak het.
Lt.kol. Philani Nkwalase, ‘n woordvoerder vir die Valke, sê Zakhele Nkosi, is gedagvaar om verlede maand in die hof te verskyn.
Hy sê die Valke en die Cyber Crime Investigation Team het inligting opgevolg wat op sosiale media versprei is dat die minister van polisie op 13 April 2020 aangekondig het dat drankwinkkels oopgemaak gaan word.
Nkwalase het gesê hulle het dit gesien as “fake news” omdat die minister van polisie geen geldige sosiale media rekening het nie. Dit was ook 'n oortreding van die Regulations of Disaster Management Act, want dit was tydens die harde lockdown.
Hy het gesê daar was omtrent 161 Facebook rekeninge en 2 Facebook groepe wat voorgegee het om die minister te wees met sy naam en fotos by.
Nkosi sal weer op 11 Augustus in die Kanyamazane-landdroshof verskyn. Nog arrestasies word verwag.