KYK | Maand na brand wag vrou steeds op hulp

akkreditasie

OP 13 Junie het 'n brand uitgebreek in die council flat op die vloer onder haar en dit het Mildred Manewil (62) se flat by die Glen Hof fletse in Nooitgedacht, Bishop Lavis, ook beskadig.

Manewil sê sedertdien sloer die Stad Kaapstad om die flat te kom fix.

Die woonstel waar die brand was, is heeltemal beskadig. Twee van haar kamers het deurgeloop en nou kan haar dogter nie eens in haar eie kamer slaap nie.

Die hitte het die ruite laat bars en die winter se koue toon ook geen genade.

Volgens Manewil kon daar minstens tydelike hulp aangebied gewees het terwyl daar gewag word totdat die assessering van die brand voltooi is.

Verskeie werkers van die Stad was volgens Manewil reeds daar om assessering te doen, maar daar word nou gewag vir die insurance voordat hulle hulp kry.

Jermaine Carelse, woordvoerder vir die Stad se brand- en reddingsdienste, het bevestig dat die brand meer as 'n maand gelede uitgebreek het.

Carelse sê altesaam 19 brandbestryders van Belhar, Gaugulethu, Goodwood en Ottery was op die toneel om die brand te blus.

Maar, voeg hy by, die maintenance spanne se hande is vol en dat hulle prioriteit moet gee aan die grootste noodsake, maar hulle sal daarby uitkom.

Bishop Lavis, brand by flat in Glen Hof. Foto Pete
Die brand het laas maand by die woonstelblok in Bishop Lavis uitgebreek.


Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
52% - 298 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees