
‘N MAMMIE vertel van haar pyn en hoe erg dit is om te sien hoe haar prag-meisiekind voor haar oë wegkwyn vanweë ‘n hartsiekte.
Die eens energieke mensie het verander in ’n siek pasiënt wat na asem snak.
Die mooi jong ma, Shantay Schalkwyk (22) van Ravensmead, sê haar hart pyn om haar enigste dogtertjie, Shakeenah (5), in dié toestand te sien.
Sedert daar ‘n vergrote hart by haar gediagnoseer is, het meer komplikasies ingetree wat ook haar longe en lewer begin aantas.
Die meisie is ook vir lang tye in die hospitaal vir behandeling.
Nou het die ma gehoor van ‘n Kanadese dokter wat haar moontlik ‘n tweede opinie kan gee, maar dit sal vreeslik duur kos.
Die ma pleit dat sy self bereid sou wees om haar eie hart aan haar kind te skenk sou dit ‘n opsie wees.
Maar dis ‘n stryd om gesondheid waarin die ma en haar meisiekind steeds positief bly en hoop en glo daar gaan gesondheid intree.