KYK | Hess: ‘Die aanvaardingsproses begin nou’

akkreditasie

Die twee beskuldigdes in die Jesse Hess-moordsaak is vandag in die Kaapse Hooggeregshof gestraf.

David van Boven  is twee lewenslange vonnisse opgelê vir Jesse en haar oupa Chris Lategan se moord.

Sy medebeskuldigde, Tasliem Ambrose, is ses jaar tronk toe gepos vir roof.

Van Boven het ook 20 jaar gekry vir roof, en 8 jaar vir seksuele aanranding asook nog 6 jaar vir bedrog.

Ná die uitspraak sê Jessie se pa, Lance Hess: "Dit sal nie my dogter terugbring nie.

"Ek het altyd net gevra dat die Here hulle sal gee wat hulle verdien.

"Ek hoop dat hulle in die tronk sal bly en nie op parool vrygelaat sal word nie.

"Die aanvaarding proses begin nou om aan te gaan met ons lewens."

Volgens die pa was die afgelope drie jaar waarin die saak geloop het, ’n baie swaar tyd gewees.

Megan Smith, nog ’n familielid sê: "Geregtigheid het geseëvier. Ons sal Jesse en oupa Chris nooit vergeet nie en hulle sal voortleef in ons harte."

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
52% - 298 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees