SY AKSIES was dié van 'n wrede individu. Hy is 'n pa wat in 'n monster verander het.
So het waarnemende regter Constance Nziweni Donderdag tydens vonnisoplegging aan Vusumzi Pothelwa gesê.
Die 35-jarige Pothelwa is skuldig bevind op klagte van aanranding, brandstigting, poging to moord en die moord van sy eie 8 maande oue babadogtertjie.
Voordat Nziweni vir Pothelwa gevonnis het, het sy aan hom gesê: "Geen vonnis sal genoeg wees om op te maak vir wat jy gedoen het nie."
Sy het voortgegaan en hom tot lewenslank gevonnis vir die moord op sy dogter, Khwezi Mtshengu. Hy het in November 2019 in Du Noon paraffien oor haar uitgegooi en haar aan die brand gesteek.
Hy is tot ses maande tronkstraf gevonnis vir die aanranding van sy meisie en ma van Khwezi, Sivuyisiwe Mtshengu.
Nziweni het hom tot 1 jaar tronkstraf gevonnis vir brandstigting en vier jaar vir die poging to moord van Sivuyisiwe.
Sy het bygevoeg dat selfs die probation officier gesê het Pohtelwa moet uit die samelewing verwyder word sodat hy nie 'n gevaar vir die samelewing inhou nie.