KYK | Leerder sien glo ‘geeste’

akkreditasie

’N HULPELOSE ma van Roosendal in Delft voel ongelukkig en is bekommerd oor haar kind se opvoeding.

Clementine Abrahams vertel sy is diep ongelukkig hoe haar dogter by die Roosendal Primêre Skool behandel word.

Volgens Abrahams het alles in Maart-maand vanjaar begin toe haar dogtertjie, wat in gr. 1 is, by die huis kom en vertel van die geeste wat sy in die klas gesien het.

“Sy vertel sy sien ’n man met rooi oë en niks voete nie. Hy het ’n stert en oë voor op die arms.”

Abrahams vertel sy het die hoof van die departement (HOD) hiervan ingelig.

“Sy het gesê ek moet laat my kind dit wat sy sien, op papier teken.

“Die volgende week toe sy by die huis kom, sê sy hulle het haar geskuif na ’n ander klas.”

Abrahams vertel sy was verras en ongelukkig, want sy was nie ingelig nie en het toe die sekretarisse gevra om die skoolhoof te sien.

Clementine Abrahams
Clementine Abrahams voel ongelukkig oor die onregverdige behandeling.

“Hy wou my nie gesien het nie. Dit het toe heeltyd so aangegaan.”

“Hulle het laat my kind sonder my wete ’n sessie met die sielkundige hê, wat gesê het die kind is oukei.”

Sedertdien wou hulle die kind transfer na ’n ander skool, maar het gesukkel om plek te kry.

Abrahams vertel verlede week het die skool se sekkie haar gebel en gesê sy moet die kind kom haal, want sy huil.

“Ek het weer gevra kan ek die skoolhoof sien en sy het gesê ja, ek kan. Toe ek daar kom het hy gesê hy wil nie met my praat nie.”

Abrahams moes toe hoor haar kind is van die skoolstelsel gehaal sonder haar wete.

Volgens die ongelukkige mammie wil hulle die kind na ’n ander skool stuur, na die beweringe dat sy geeste in die klas sien. Sy is ongelukkig oor hoe die skool dinge hanteer, asook haar kind se opvoeding.

Skool
Die skool het Abrahams se dogter na ’n ander skool getransfer.

“Ek sukkel soggens wanneer ons by die skoolhek kom, want sy wil nie ingaan nie.” Die kind is intussen na ’n nuwe skool gestuur waaroor die ma steeds ongelukkig is.

Die skool het Abrahams Maandag gebel om haar kind te kom haal en toe sy daar kom het die meisiekind reeds buite gestaan met haar skoolboeke en oordragbrief.

Kerry Mauchline, woordvoerder vir die Wes-Kaapse minister van onderwys, David Maynier, sê die Distrik het reeds met die leerder se ouer vergader, en met die ouer se goedkeuring besluit dat die leerder by Laerskool Delft-Noord ingeskryf sal word.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees