KYK | Man loop hof ná kind (10) se rape

akkreditasie
'n Man het Vrydag in die Goodwood-landdroshof verskyn vir die verkragting van 'n 10-jarige meisie.
'n Man het Vrydag in die Goodwood-landdroshof verskyn vir die verkragting van 'n 10-jarige meisie.
Verskaf

'N MAN (54) het Vrydag in die Goodwood-landdroshof verskyn vir die verkragting van 'n 10-jarige meisie.

Die verdagte het na bewering die 10-jarige meisie van Elsiesrivier op 12 Mei beetgekry.

Die skoknuus het die meisie se ouers se ore bereik nadat sy in haar broer confide het toe die broer haar vertel het oor iets soortgelyks wat met 'n ander meisie gebeur het.

Tydens Vrydag se hofverskyning het gemeenskapslede buite betoog dat borgtog nie toegestaan moet word nie.

Charman Davey, voorsitter van die Elsiesrivier-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het aan Son genoem die beskuldigde het ongelukkig borgtog gekry.

"Ons sou wou hê dat hy nie borgtog moes kry nie.

"Ons versoek is dat hierdie tipe sake regtig ernstig opgeneem moet word en nie alewig 'n lang uitgerekte ding word nie."

Intussen beweer 'n gemeenskapswerker, Suretta Steenkamp, dat die beskuldigde al lank aankom met sy dinge. "Die voorval met die 10-jarige het sy dinge net in die publiek uitgebring."

Die saak is tot 30 Augustus uitgestel.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees