KYK | Bejaarde steeds net skoonveld

akkreditasie

DIT is nou byna ’n maand en die soektog na ’n vermiste bejaarde van Clark Estate in Elsiesrivier duur steeds voort.

William “Budgie” Adonis (64) word sedert 4 Julie vermis.

Dít nadat hy die oggend sy huis verlaat het om AllPay te gaan trek.

Sy familie het begin bekommerd raak toe hy teen die volgende dag nog nie teruggekeer het nie.

Die bejaarde man was bekend daarvoor dat hy ’n bietjie gaan dobbel by GrandWest, maar het na bewering altyd die volgende dag teruggekeer.

Stephany Adonis het toe by Son se besoek gesê haar oom is nie een wat wegloop van die huis nie. Hy ly ook nie aan enige geestelike versteurings nie.

Stephany Adonis
Stephany Adonis is dood van bekommernis oor haar oom.

Dit is die langste wat Budgie al ooit weg van die huis af is.

Dis amper ’n maand later en daar is nog geen teken van hom nie.

Sy familie is siek van bekommernis, maar het nog nie hoop opgegee nie.

’n Emosionele Stephany sê hulle weet nie meer watter kant toe nie.

Sy vertel iemand het verlede week gebel en gesê hulle sien hom in die Kaap ronddwaal en hy lyk nie normaal nie.

william adonis
William “Budgie” Adonis word steeds vermis.

Die familie het vir die afgelope vier dae in die Kaap gesoek na hom, maar hul pogings was tevergeefs.

Adonis sê hulle bid om hom lewend te vind.

Sy sê ook dat hulle nou wag om te kyk of sy AllPay dié maand getrek word om meer leidrade op te volg.

Hoewel die familie steeds elke dag pogings aanwend om na die oom te soek, is die gewag besig om te veel te raak.

Vir haar is dit net hartseer om te sien hoe min die polisie ook omgee om die oom te help kry.

Enige een met inligting kan die polisie kontak of selfs vir Adonis by 062 133 4377.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees