
Die Seepunt polisie het Vrydagoggend ‘n kransleging seremonie vir hul gevalle kollega Konstabel Donay Phillips gehou.
Astrid Februarie
Die Seepunt polisie het Vrydagoggend 'n kransleging seremonie vir hul gevalle kollega Konstabel Donay Phillips gehou.
Hy was die afgelope Saterdag by New Somerset-hospitaal in die kop geskiet. Phillips is as gevolg van die skietwond dood.
Son het die heel week al berig oor die drama wat hom ontvou het rondom die skietery wat uitgebreek het by die hospital.
Phillips se vriende en Seepunt polisiestasie kollegas, sal Vrydag ook 'n gedenkdiens vir Phillips bywoon om die jong konstabel se lewe te vier en hom te onthou.