DIE cops het die afgelope naweek verskeie koper- en aluminiumdiewe toegekap.
In Athlone is vyf vermeende koperdiewe gearresteer en in Moorreesburg en Piketberg is daar ook koperdiewe gevang.
Die cops van Athlone het die afgelope naweek vyf verdagtes vir kabeldiefstal gevang.
Volgens sers. Zita Norman, woordvoerder by die Athlone-polisiestasie, het die polisie in die vroeë oggendure by ’n betrokke huis in Athlone toegeslaan en op kabels van 68,94kg beslag gelê.
Norman sê: “Vrydag omstreeks 02:30 en 04:45 het die polisie saam met die Economic Infrastructure Task Team operasies in Bokmakierie-straat gedoen.
“Hulle het inligting opgevolg en ’n betrokke huis in 14de-laan deursoek.
“Die polisie het in die backyard kabels in ’n groot sak gekry.
“Die kabels het 68,94kg geweeg en twee verdagtes van 42 en 38 jaar oud is gearresteer.
“Nog ’n vrou van 32 jaar oud is ook gearresteer en by die Athlone-polisiestasie aangehou.”
Die verdagtes is aangehou vir die besit van gesteelde goedere.
Die cops het nog ’n woning in Ashby-weg deursoek en gesteelde kabels gekry.
Nog twee verdagtes is ook by die betrokke woning gearresteer vir die besit van gesteelde goedere.
Die verdagtes kon nie verduidelik waar hulle aan die kabels kom nie.
Leidrade
Volgens Ndakhe Gwala is twee mans Maandag gearresteer vir aluminiumkabels wat in Mei vanjaar in Piketberg tydens ’n kaping gesteel is.
Die cops het vele leidrade opgevolg en private ondersoeke gedoen.
Dit het hulle tot by ’n pakstoor in Blackheath gelei.
Gwala sê: Die polisie se ondersoek het na ’n stoor in Trafford-singel in Blackheath gelei
Daar is agt verdagtes vir die besit van gesteelde goedere gearresteer.
Die perseel, waar die gesteelde kabels gestoor was, is deursoek en die cops het ses rolle aluminiumkabels gekonfiskeer.
Die verdagtes van tussen 29 en 49 jaar oud sal vandag in die Blue Downs-landdroshof verskyn.