
BAIE huise en gemeenskappe het plekke geword waar mense bang is, in wanhoop leef, waar vroue abuse, aangeval en vermoor word.
Só het die adjunk-minister van justisie en konstitusionele ontwikkeling, John Jeffery, by 'n imbizo oor gender based violence (GBV) in Delft, Kaapstad gesê.
"Data van Stats SA vertel ons dat 1 uit elke 5 vroue ouer as 18 fisiese geweld van haar partner ervaar het."
Die Onlangse misdaad-statisieke van die polisie vir Oktober tot Desember laas jaar, vertel ook 'n lelike verhaal. Delft is 7de op die lys van die top 30 polisiestasies wat die hoogste aantal kontakmisdade ter wêreld het. Delft is ook 2de op die lys van moorde. Hy is 6de op die lys vir poging tot moord (hoogste in Wes-Kaap), 3de vir seksuele oortredings (hoogste in Wes-Kaap) en 4de vir verkragting (hoogste in Wes-Kaap).
Jeffery het gesê dis mans wat die misdade pleeg.
"Dis vaders, oupas, ons seuns, ons broers en ooms en nefies en manlike kollegas. Dis mans wat ons ken wat onder ons dakke leef en in die strate loop en in gemeenskappe bly."
Jefferys het gesê die nasionale strategiese plan is Suid-Afrika se padkaart om gender-based violence te stop.
"Die regering het verskeie ingrypings gedoen om geweld te stop."
Volgens Jefferys is GBV tafels by 381 polisiestasies opgesit en 91 000 beamptes is opgelei om vroue te help. Daar is 185 FCS-eenhede, insluitende 9 Serial Electronic Crime Investigation eenhede, waar speurders fokus om misdade teen vroue en kinders te ondersoek. Sedert April verlede jaar tot Februarie vanjaar, het FCS gehelp dat 272 lewenslange vonnise gelewer word in misdade teen vroue en kinders.