Hulle’s nuwe SA se ‘agter-gelostes’

akkreditasie
moedeloos: Anna en Petronella Wagner sê hulle is moeg van sukkel. Foto: keith meyer
moedeloos: Anna en Petronella Wagner sê hulle is moeg van sukkel. Foto: keith meyer

HULLE is die ‘agter-gelostes’ van die nuwe Suid-Afrika en woon in ‘Niemandsland’.

So voel ’n groepie inwoners wat van die plase gekom het en toe ‘in Valentynskamp in Calitzdorp, weggegooi is om te vergaan’.

Werkloos, honger en sonder dokumentasie het hulle nou al moed opgegee.

Petronella Wagner, ’n inwoner, kla: “Ons is die weggooi-mense. My ID-kaart het ek verloor en nou kan ek dit nie kry nie.

“Nou kan ek nie eens aansoek doen vir staatshulp nie. “Nou kry ek nie werk nie want ek het nie ’n ID nie.

“Hoeveel mense is ingevat by projekte, maar ons wat nie ID’s het nie word oor die kop gesien.”

Anna Wagner kla verder: “Mense kry oor en oor werk by projekte. Ons kry nie ’n werkie by die regering se projekte nie. Ek het twee kinders wat versorg moet word. Hoe maak ek hulle monde nat?”

Bedelaars

Pedro Meyer vertel: “Ons sit hier in die stink reuke. “Ons kry nie hulp van die welsyn nie. Ook nie van ander staatsdepartemente nie.

“Ons wil ook soos mense leef en nie soos bedelaars nie. Ons kan nie eens op behuisingswaglyste kom sonder ID’s nie”

Jakob Willemse, ’n gemeenskapswerker, was hulpvaardig: “Ek sal hier moet ingryp. Ek sal mense nader dat hierdie persone net eers ID’s kry, want daarsonder is die staat se hulp ’n geslote kas.

“Ek hoop staatsdepartemente steek ook ’n hand uit.”

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees