
DIE Social Justice Coalition (SJC) se personeellede het Donderdag ? saak van diefstal en bedrog teen sy geskorste hoofbestuurder, Xolani Klaas, aangemeld.
Dié saak is Donderdag by die Lingelethu-Wes-polisiestasie in Khayelitsha aangemeld.
Dit het gevolg nadat dit laas week deur GroundUp berig is daar was onverklaarbare uitgawes op die organisasie se bankkaart opgemerk, wat onder Klaas se beheer was.
Dié uitgawes is blykbaar op persoonlike luukse items spandeer.
GroundUp berig Klaas het versuim om die uitgawes aan hulle in 'n media navraag te verduidelik.
SJC se kantooradministreerder, Thandokazi Njamela, sê: "SJC-personeellede het saam met gemeenskapslede na die Lingelethu-Wes-polisiestasie gekom om kriminele klagte teen Xolani Klaas aan te meld.
"Hy word beskuldig van die spandering van SJC-geld op persoonlike items.
"Dit is baie scary en dit maak ons kwaad, want ons is deur dié persoon onkant gevang."