Herron eis antwoorde oor beweerde ‘seks-vir-werk-skema’

akkreditasie
Brett Herron
Brett Herron
Melinda Stuurman

DIE Wes-Kaapse premier, Alan Winde, moet verantwoordelikheid neem vir die sex-for-jobs-skema wat afgedankte minister Albert Fritz in die provinsiale regering jare lank na bewering gepleeg het.

Só meen die sekretaris-generaal van die Good-party, Brett Herron, nadat Winde Fritz ná ’n ondersoek laas week gefire het. 

Winde het Fritz verlede week in die pad gesteek ná die bevindinge van 'n onafhanklike ondersoek bekendgemaak is. Adv. Jennifer Williams se ondersoek het bevind daar is "behoorlike geloofwaardigheid in die bewerings van seksuele wangedrag" teen Fritz. 

Herron reken dit help nie Winde raak nou eers kwaad nie, terwyl Winde jare lank kans gehad het om op te tree.

Volgens Herron het Winde 'n "DA-kader" mag gegee om nuwe aanstellings te maak toe hy vir Fritz in 2019 van die departement van maatskaplike ontwikkeling na gemeenskapsveiligheid oorgeskuif het. Herron sê die departement van gemeenskapsveiligheid was die enigste departement in die Wes-Kaapse regering waar die aanstelling van personeellede nie deur senior amptenare van die departement gemaak is nie.

"Fritz sou ook nie beleide kon verander sonder die hulp van die provinsiale regering se regsdienste nie, wat onder die departement van die premier val.

"Behalwe vir sex for jobs moes die alarmkloke afgegaan het in die kantoor van die premier vir goeie bestuur."

VRAE

Herron sê Winde moes al in September 2019, kort nadat Fritz na gemeenskapsveiligheid oorgeskuif het, opgetree het of ondersoek ingestel het.

In 'n verklaring verwys Herron ook na 'n toespraak deur die voormalige Wes-Kaapse minister en DA-leier, Bonginkosi Madikizela, tydens 'n debat oor geslagsgebaseerde geweld in die wetgewer.

Madikizela het onder meer op 12 September gesê: "Kom ons begin deur ons eie huis in orde te kry...

"Ons het 'n kommerwekkende kultuur van sex for jobs, seks vir tenders, etc..."

Volgens Herron blyk dit dat hierdie woorde ook net daar gelaat was en nooit opgevolg is nie. Hy het wel laas maand die premier gevra oor die kultuur.

In 'n parlementêre antwoord sê Winde dat hy nie kommentaar kan lewer op iets wat 'n ander lid gesê het nie.

Hierop sê Herron hy wonder of Winde nie in sy plig versuim het deur 'n bekentenis deur 'n kabinetskollega en provinsiale leier te ignoreer oor 'n kultuur van sekstransaksies nie.

"Dit laat vrae ontstaan oor wat het Winde oor die kultuur geweet."

BESTE BELANG

Winde se woordvoerder, Odette Cason, sê: "Indien enige politieke party bewyse van kwaaddoen deur Winde het, moet hulle dadelik die polisie nader.

"Die premier is einde November 2021 deur 'n derde party eers ingelig oor die seksuele wangedrag deur Fritz.

"Dit was toe nog nie 'n formele klag nie en Fritz is geskors eers nadat 'n formele klag ontvang was.

Sy noem dat Winde "onmiddelik" opgetree en 'n "onafhanklike ondersoek" geloods het.

Nadat die bevindinge van die ondersoek oorweeg is, is Fritz afgedank.

"Hierdie stappe is in lyn met die verantwoordelikhede en pligte van die premier."

Sy voeg by dat die premier het diskresie met die samestelling van sy kabinet.

"Die premier het nog heeltyd opgetree om die klaers te beskerm en is daartoe verbind om 'n stop te sit tot geslagsgebasseerde geweld."

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees