'N ENERGIEKE en baie besige man met 'n helder glimlag.
Dit is hoe die oorlede konstabel Donay Phillips se broer, Shane Phillips, vir hom beskryf het tydens 'n gedenkdiens in Seepunt.
Phillips is op Saterdag 7 Mei in die New Somerset-hospitaal in Kaapstad doodgeskiet saam met twee pasiënte wat in die hospitaal behandel is.
Die jong konstabel was by Seepunt-polisiestasie gestasioneer ten tyde van sy dood. Sy kollegas in die polisie en familie het hom Vrydag tydens 'n gedenkdiens by die Life Church in Seepunt onthou.
Shane sê sy broer is in November 2020 van die Harare-polisiestasie na Seapoint-polisiestasie oorgeplaas en die stasie het as sy laaste tuiste in die polisiediens gedien.
Hy sê Donay was baie trots om 'n polisieman te wees en dat dit beslis iets was wat hy wou doen.
"Hy was absoluut lief vir sy werk. Mens kan selfs sê dat hy dit gesien het as sy roeping," sê hy.
Phillips het ook gedeel dat sy broer se passie vir sy werk so groot was dat hy Whatsapp posts met foto's van die polisiester gehad het met die caption: "Vir sommige is dit net 'n ster vir ander is dit 'n familiewapen".
“Ek dink dit som dit nogal mooi op,” sê hy.
Lees meer in 16 Mei se Son-koerant