Essop se case kry rigting

akkreditasie
Shireen Essop wat in Mei ontvoer is, is vroeër vandeesmaand met haar familie herenig.
Shireen Essop wat in Mei ontvoer is, is vroeër vandeesmaand met haar familie herenig.
verskaf

’N GROOT deurbraak is gemaak in die ontvoeringsaak van Shireen Essop, nadat die polisie ’n verdagte vasgetrek het wat van haar eiendom in sy besit gehad het.

Speurders verbonde aan die Organised Crime Intelligence Unit het dag en nag gewerk om dit te kon vermag.

’n Polisiewoordvoerder, brig. Novela Potelwa, het bevestig ’n verdagte is gearresteer. Hy word aangekla van die besit van gesteelde goedere en sal daarvoor verskyn.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die National Prosecuting Authority, sê die verdagte sal Vrydag op die aanklag in die Kaapse landdroshof verskyn.

Potelwa verduidelik: “As deel van uitgebreide ondersoeke in die verdwyning van die 34-jarige Shireen Essop en haar terugkering hierna, het speurders van van die Organised Crime Intelligence Unit ’n 28-jarige verdagte gearresteer. Hy is in hegtenis geneem op aanklagte vir die besit van gesteelde goedere, wat glo dié van die ontvoerde slagoffer, Shireen Essop, is.”

essop
Shireen Essop saam met lede van die Klipfontein Mission Station-buurtwag nadat hulle op haar afgekom het.

Volgens Potelwa kan daar dalk nóg verdagtes gearresteer word soos wat die ondersoek voortduur.

Sy sê verdere besonderhede oor die saak, sal in die hof bekend gemaak word.

Essop het op 23 Mei verdwyn terwyl sy vanaf haar werk huistoe gery het op Weltevredenweg naby Browns Farm, Phillipi, en is op 11 Junie met haar familie herenig.

Dit het gevolg nadat haar ontvoerders haar op ’n donker pad naby die Klipfontein Mission Station afgelaai het.

Lede van die Klipfontein Mission Station-buurtwag, het tot haar redding gekom.

Essop se man is gekontak en sy is saam met hom en speurders daar weg.

Volgens een van die lede, Rachel Stemmet, het Essop aan haar verklap dat sy in Khayelitsha aangehou is, en dat haar ontvoerders haar laat gaan het toe hulle besef het dat sy eintlik die verkeerde teiken was.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees