Essop: Lawyers doen regstappe

akkreditasie
Mense soos die Tik Tokker Masnoena word nou oor haar wilde aantygings aangevat.
Mense soos die Tik Tokker Masnoena word nou oor haar wilde aantygings aangevat.
verskaf

DIEGENE wat so hulle eie pies gebak het oor die verdwyning van die Manenberg-ma Shireen Essop (32), face nou regsoptrede.

En die eerste in die visier blyk die TikTokker ene Masnoena te wees.

Ná die aanvanklike verligting dat Essop ná drie weke veilig met haar familie herenig kon word, is daar druk op sosiale media bespiegel oor haar ontvoering.

Leuens

Dit was juis Masnoena wat TikTok ingespan het om wyd en syd te verkondig dat Essop nie ontvoer is soos daar aangevoer is nie, maar dat sy op ’n nice-time trip in Durban was.

Shireen
Daar word gevra dat Shireen en haar familie die space gegun word om deur die ordeal te werk.

Son het laas week reeds hieroor berig toe ’n familielid van Essop dié ongegronde bewerings as leuens afgemaak het.

Essop se prokureurs het in ’n verklaring wat Saterdag uitgereik is, gesê dat die TikTok-video vir die Essop-familie erge stres veroorsaak het en dat hulle intussen die nodige stappe teen Masnoena gedoen het oor haar beweringe.

“’n TikTok-video wat die rondte gedoen het, het die waardigheid van ons kliënt beswadder.

“Ons het sedertdien na die persoon in die video uitgereik en ons doen tans die nodige stappe.”

Die lawyers sê verder diegene wat aanhou om hierdie video te deel, oortree die Wet op Kubermisdade (19 van 2020) en die nodige stappe sal kragtens hierdie wet gedoen word.

“Ons doen ’n beroep op die publiek om hulle daarvan te weerhou om lasterlike en neerhalende nuus oor Shireen te versprei.

“Ons eis verder dat enige kommentaar en video’s rakende ons kliënt, waar die nodige bewyse nie gerugsteun kan word nie, met onmiddellike effek verwyder word van die platform waarop dit geplaas is.”

Die verklaring lui verder dat indien enigiemand lasterlike of neerhalende inhoud geplaas het en nie betyds optree nie, is hulle opdrag gegee om voort te gaan teen diegene wat aanhou om Essop se waardigheid te skend.

Shireen
Die soektog na Shireen het ’n happy ending gehad toe sy deur buurtwaglede gevind Is, maar kort daarna het gissinge oor haar verdwyning begin.

Klag

“Ons versoek dat lede van die publiek enige lasterlike of neerhalende stellings wat oor ons kliënt gemaak word by ons kantore rapporteer,” lui die lywige verklaring.

Daarin word ook genoem dat diegene wat ongegronde en onware opmerkings maak, deur ’n klag van crimen injuria in die gesig gestaar kan word en dat kriminele vervolging die uiteindelike resultaat daarvan kan wees.

“In hierdie stadium kan die familie geen inligting rakende Shireen bekend maak nie, behalwe dat sy met haar familie herenig is.

“Aangesien die saak ’n voortdurende ondersoek bly, versoek ons dat die algemene publiek en media-instellings spesiale kennis hiervan neem.

“Ons vertrou dat die erns van die saak verstaan word en dat lesers hiervan dienooreenkomstig gelei sal word,” is verder in die verklaring gemaan.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees