KYK | Duur petrol nou ’n traan gedruk

akkreditasie

DIS ’n besigheid van trane, maar dis die manier om duur petrol ’n traan te druk.

Brandstof het nou so buitensporig duur geraak dat selfs begrafnisondernemers sukkel om hul roukarre en lykswaens – wat swaar op brandstof is – aan die loop te hou met ’n tenk vol petrol.

Gevolglik word begrafnisondernemers ook daardeur gedwing om pryse van begrafnisdienste te verhoog.

Die knoop lê egter daarin dat daar so baie mense is wat dit nie sal kan bekostig om hul geliefdes in waardigheid te kan begrawe nie.

’n Undertaker van Elsiesrivier besef die toedrag van sake net te deeglik.

Joe Hendricks van Joe4 Funerals het toe gaan sit en dink wat is die alternatief.

Joe Hendricks
Joe Hendricks sê die gedagte het by hom opgekom om dit bekostigbaar vir mense te kan hou.

’n Lightbulb wat die loadshedding nie gekry het nie, het by hom opgegaan.

Gaan old-school.

Wat van ’n perdekar- lykswa net soos in die outyd?

Hy vertel: “Ons gaan nie dat die prys van petrol ons agterhou nie.

“Ons gaan terug na die ou tradisie van ’n perdekar-lykswa.

“Perdekarre het altyd in die outyd die werk gedoen.

“Ons bring weer die tradisie terug.”

Joe Hendricks
Joe Hendricks met sy lykswa wat deur laekoste eko-vriendelike perde getrek word.

Die duurste deel om ’n begrafnis te hou, is al die tierlantyntjies wat gepaardgaan met die seremonie en juis die vervoer van die oorledene en die geliefdes.

Tydens die bekendstelling van die nuwe idee van begrafnis hou, het kinders posters in die lug gehou wat lui: “RIP” met heelparty petrol- groepe se name daarop.

In die strate het inwoners eers half verdwaas staan en toekyk.

Maar hulle het vandag, toe Son weer met hulle gaan gesels het, ’n totaal ander deuntjie oor die gedagte gesing.

Perdewa ’n goeie opsie

MET petrolpryse so duur en mense wat byna nie eers meer die basiese kan bekostig nie, probeer almal maar na alternatiewe kyk.

Met Joe’s Begrafnisondernemer se inisiatief het Son bietjie geluister hoe inwoners hieroor voel om hul geliefdes te perd ’n send-off te gee.

Sienna Hendricks se eerste reaksie is sy verkies maar eerder om ’n gewone lykswa te gebruik vir haar geliefdes.

Hendricks verander egter gou van deuntjie wanneer sy noem dat alles deesdae so duur raak en mense kan nie meer altyd alles bekostig nie. Sy sê as dit nou só kom, sal sy maar gebruik maak van die perdekar.

Kevin Valentine sê dis glad nie nodig vir fancy, groot karre nie.

“As ek werkloos is, sal ek dit self gebruik.

“Dis nie die lykswa wat saak maak nie, dit gaan wel oor die siel wat weggestuur word.”

Gary Van Wyk sê die petrolprys is verskriklik hoog.

“Ons is destyds gewaarsku oor die hoë lewenskostes, maar ek het nie gedink dit sal so erg raak nie.”

Van Wyk sê dalk is dit ons voorland vir die toekoms.

Hy is self ’n eienaar van ’n begrafnisonderneming en sê mense sal begin kla, maar sal dan later aanpas.

Bang

Cathy Christopher is bang mense sal sommer op die perdewa skiet.

Christopher glo die mense wat die begrafnispolisse bedryf hulself moet uitsorteer.

“Hulle kan nie kla oor petrol nie, want ons betaal al die jare vir hulle.”

Sy stem saam dat dit wel ’n plan is om liewer ’n perdekar as ’n lykswa te gebruik indien dit goedkoper uitwerk.

Geraldine Volschenk meen daar is niks fout met ’n perdewa nie, want die mense gebruik dit oorsee.

“Dit is alte mooi en kan mooi opgedoen word. Mense word steeds respekteer en jy gaan steeds onder die grond.”

Volschenk sê die publiek moet begin aanpas en minder kla.

Perdewa
Daar gaan behalwe die lykswa ook een wees vir die familie waarop dié kinders duur petrol ’n send-off gegee het.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees