Drie vas vir R400 miljoen se kokaïne

akkreditasie
ter illustrasie. Foto: Getty
ter illustrasie. Foto: Getty
iStock

DIE Wes-Kaapse cops het weer die jackpot geslaan toe hulle beslag gelê het op dwelms met ’n waarde van R400 miljoen.

Dié keer is dit die polisie se elite eenheid, die Valke, die provinsiale intelligensiedienste en verkeersdienste wat “bragging rights” geniet nadat hulle ’n lorrie naby Athlone afgetrek het.

Volgens ’n woordvoerder van die Valke, Zinzi Hani, het die gesamentlike operasie die kokaïne Donderdag gekonfiskeer.

Dit het gevolg nadat hulle inligting gekry het oor ’n trok wat na bewering drugs vervoer.

Sy sê verder: “ ’n Operasie is op die N1-snelweg opgesit en die trok is by die Wynland Engen-garage gesien waar dit na die Kaap gereis het.

“Die trok is (op Jan Smuts-rylaan tussen Athlone en Pinelands) afgetrek en ’n deursoek is uitgevoer.

“Waar ’n groot hoeveelheid dwelms wat in vals houtplanke weggesteek was aan die agterkant van die trok gevind is.”

Hani voeg by drie mans van ouderdomme 39, 42 en 47 is gearresteer en sal eers die naweek agter tralies deurbring voordat hulle Maandag in die Athlone-landdroshof verskyn.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees