Drie kids sterf in Wesbank brand

akkreditasie
Dit het 24 brandbestryders geneem om die brand te blus.
Dit het 24 brandbestryders geneem om die brand te blus.
ter illustrasie

DRIE kinders van 1, 4 en 9 het vroeg Saterdagoggend in 'n brand in Wesbank in Kaapstad verkool.

'n Woordvoerder van die Stad Kaapstad se brand en reddingsdienste, Jermaine Carelse, sê hulle is omstreeks 2:15 oor 'n brand by 'n huis op Baxley-singel ingelig.

Met hul aankoms op die toneel het brandbestryders verskeie strukture aan die brand gevind.

Volgens Carelse is die brand omstreeks 04:00 deur die 24 brandbestryders onder beheer gekry en geblus.

"Die lyke van die kinders is tydens die operasie in een van die informele strukture ontdek," voeg hy by.

"Verskeie informele strukture is heeltemal vernietig en twee formele huise is beskadig."

Carelse sê verder die toneel is later aan die SAPS vir verder ondersoek oorhandig. 

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees