KYK | Drama by hof

akkreditasie

DAAR was Maandagoggend behoorlik drama by die Bishop Lavis-hof voor die hofsaak waarin Ashley Faro (39) verskyn het.

Faro word beskuldig van die moord op sy ma, Deffidol Faro (65), en haar kleindogter, Aasheeqah Hendricks (12).

Hy is Saterdag aangekeer ná ’n soektog deur die polisie en die community.

Son het berig oor die skokkende moorde.

Gemoedere het behoorlik hoog geloop en cops het hul hande vol gehad met ’n woedende skare toe die beskuldigde by die hof aangekom het.

Eerw. Chris Nissen, wat ook daar was, moes die mense by die hof kalmeer.

Met tranerige oë het Faro in die hofsaal omgedraai en direk na familielede gekyk. Hy het gesê hy het dit nie gedoen nie.

Gemeenskap
Lede van die gemeenskap rumoer voor die hof.

Faro het tydens sy verskyning gevra hy wil van ’n legal aid lawyer gebruik maak.

Daar is toe om uitstel gevra omdat geen legal aid lawyers beskikbaar was nie.

Die saak is tot 28 Julie uitgestel om intussen meer borgtog inligting te bekom.

Buite die hof het ’n buurvrou, Letitia Cantebury, uitgevaar: “Dis mos nie reg wat daai man gedoen het nie. Hy sê al jare lank hy gaan sy ma doodmaak.

“Daai trane wat hy nou in die hof gehuil het, is fake. Hy pretend hy is hartseer. Hy’s ’n gemors.”

Chris Nissen
Eerw Chris Nissen (wit hemp) van die menseregte kommissaris kalmeer mense buite die hof.

Patricia Francis, Deffidol se suster, het aan Son gesê haar suster het jare lank in vrees vir dié klong geleef.

Hy is heel bekend en mang glo al vanaf die ouderdom van 14.

Sy het ook vertel hy het op ’n kol haar oorlede suster met kookwater verbrand.

Maandagmiddag was die Janaazah van die kleindogter, Aasheeqah Hendricks (12), in Kalksteenfontein. Dis nou haar begrafnis volgens die Moslem-geloof.

Ook hier was ’n groot skare van die gemeenskap in Hydrangea-straat om ’n laaste groet aan die meisie te kom gee.

Haar ouma sal op ’n later stadium begrawe word.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 296 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees