‘Dood nie die Here se werk’

akkreditasie

HOE sê ’n mens koebaai vir tweetjies wie se lewe nog skaars begin het?

Dit was die smart in die hart waarmee ’n ma Woensdagaand eworstel het.

Dit was by die geleentheid waar die gemeenskap van Bishop Lavis byeengekom het vir ’n memorial vir die twee boeties Xaché (6) en Jean-Ray Weideman (4).

Xaché en Jean-Ray was verlede Donderdagaand alleen in hul huis in Arthur Abrahamsstraat, toe die huis met ’n petrolbom gegooi is.

Klein Xaché sou ook Woensdag sy sewende verjaardag gevier het. Dis waarom dit vir hul mammie, Chenay Engelbrecht, soveel moeiliker was om die smart te verwerk.

Verskeie gemeenskapsleiers, soos Graham Lindhorst, voorsitter van die Bishop Lavis Gemeenskapspolisiëringsforum, Michael Hoffmeester, voorsitter van die Bishop Lavis Backyarders Forum en raadslid Charles Esau, het in die gedenkdiens hulle misnoeë oor die voorval uitgespreek.

Lindhorst het aan Son gesê hulle het genoeg gehad van misdaad en inwoners moet begin saamstaan om die euwel nou hok te slaan.

laaste asem: Chenay Engelbrecht in die kamer waar haar seuntjies Jean-Ray en Xaché Weideman doodgebrand het.

“Ek wil hê indien iemand gesien het wie vir die brand verantwoordelik is, hulle na vore moet kom.

“Dis tyd dat mense inligting aan die polisie moet gee. Baie van ons sien die verkeerde dinge, maar dan kyk ons anderkant toe.

“Ons benodig die name van die mense wat dit aan hierdie familie gedoen het, want dis nie die werk van die Here wat hier gebeur het nie.

“Dis net wanneer dit die werk van die Here is, dat die polisie nie betrokke hoef te raak nie.

DNA-toetse

“Hierdie is nie die Here se doen en late nie. Iemand het besluit hulle gaan die kinders se lewe vat!” het Lindhoirst gesê.

Bodelle McKenzie, Engelbrecht se neighbour, het aan Son bevestig dat die familie nie die kinders hierdie Saterdag ter ruste kan lê nie, omdat hulle oorskot eers vir DNA-toetse gestuur moet word. Sy sê die speurder het al reeds die mammie by die huis kom haal om ’n DNA-monster van haar te neem.

“Ons moet eers wag vir die uitslae van die DNA-toetse voordat ons die kinders kan begrawe.

“Die results moet dan eers na die speurder gaan en daarna na die Soutrivier-lykhuis, en dan kan hulle eers vir die undertaker laat weet om die bodies te kom haal.

“Ek het almal ingelig wat hier by die memorial was, want hulle het gedink die begrafnis is Saterdag.

“Ongelukkig kan dit nou nie hierdie Saterdag wees nie.”

McKenzie het gesê dat die begrafnis wel volgende Saterdag gehou sal word.

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees