Ding ruk erg in Manenberg

akkreditasie

BLOEDIGE geweld in Manenberg vererger.

Aanvanklik is daar gedog vyf mense is gewond, toe is daar ook ’n 48-jarige man in die hospitaal wat in die skietery betrokke was.

Die skietery het Maandagoggend vroeg by die Nyanga Junction uitgebreek toe bendes op mekaar begin losbrand het.

Volgens kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het die voorval omstreeks 06:20 gisteroggend in Duinefontein-weg gebeur.

Van Wyk sê: “Twee vroue van onderskeidelik 50 en 52 jaar oud is onder die gewondes.

“Nog drie mans tussen 35 en 41 jaar oud is ook raakgeskiet.”

Die mense het by Nyanga Junction Mall ingehardloop vir beskerming.

Volgens die voorsitter van die Manenberg gemeenskapspolisiëringsforum het die mense vir hul transport gewag toe hulle raakgeskiet is.

Die Clever Kids het na verneem word na die Nyanga Junction se kant geloop. Die HL-bende het hulle gewaar en op hulle begin skiet.

nyanga junction
Verskeie nood personeel is na die Nyanga Junction geroep om te kom help.

Manenberg het die afgelope paar weke skerp onder bendegeweld deurgeloop.

  • Sondagaand was daar ook ’n 41-jarige in Manenberg tydens ’n bendeskietery afgemaai.

Die voorval het omstreeks 20:12 in Scheldt-straat plaasgevind.

Verskeie sake van poging tot moord word ondersoek en niemand is nog gearresteer nie.

Die gewondes is met die ambulans na die hospitaal geneem.

  • Nog ’n 42-jarige man van Woodstock is ook Vrydagaand in Heideveld koelbloedig doodgeskiet.

Die man het vriende by Susan Court besoek.

Hy het na verneem word by die huis uitgekom toe ’n onbekende man hom nader en op hom losbrand.

Die slagoffer is verskeie kere raakgeskiet en is op die toneel dood.

  • Saterdagaand was daar weer ’n skietery by Irene Court in Heideveld waar ’n 36-jarige man doodgeskiet is.
noodwerkers
Noodwerkers Maandagoggend besig om die gewondes te hulp te snel.

    Koeëlwond

    Die man het by die ingang van Irene Court gestaan toe onbekende mans hom nader.

    Die inwoners van Irene Court het vier skote hoor afgaan. Toe van die inwoners uitkom, het hulle die man sien lê met ’n koeëlwond in sy kop.

    Niemand is nog vir die moorde gearresteer nie.

    • Die cops het ook Sondagaand tydens ’n misdaadoperasie in Heideveld ’n 37-jarige man vir die besit van ’n onwettige vuurwapen gearresteer.

    Hulle het die verdagte opgemerk toe hy by Allison Court by ’n huis inhardloop.

    Hulle het hom agtervolg en ’n rewolwer en vyf rondtes ammunisie op hom gekry.

    • Nog twee mans is Saterdagaand tydens twee afsonderlike voorvalle vir onwettige besit van ammunisie en ’n vuurwapen gearresteer.

    Die 17-jarige laities is by Marianna Court gearresteer vir die besit van onwettige ammunisie en ook vir n uitstaande lasbrief van ’n moordsaak.

    • Nog ’n 44-jarige man is by Linda Court vir die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie gearresteer.
    Sê jou sê
    Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
    Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
    Resultate
    Hulle moenie betaal word nie
    47% - 76 stemme
    Haai nee, shame - hulle het families
    16% - 26 stemme
    Eskom se push
    25% - 41 stemme
    Gee my krag, elke dag
    9% - 14 stemme
    Wat is load-shedding?
    2% - 4 stemme
    Stem
    Jongste Son

    30 Junie 2022

    Jongste Son
    Klik hier om te lees!
    Begin lees