Cowboy cops skiet glo jong man deur wang

akkreditasie

’N ONSKULDIGE jong man het sy lewe verloor toe ’n bakleiery tussen die polisie en die gemeenskap van Caledon uitgebreek het.

Dillon Dyk (29) van Vlei View was Dinsdagaand op pad winkel toe om ’n brood te gaan koop, toe hy na bewering deur die polisie doodgeskiet is.

Drie beamptes van die Caledon drug squad is aangeval terwyl hulle ’n klopjag in Derde Laan uitgevoer het.

Nadat twee verdagtes gearresteer is, het die gemeenskap rooi gesien en probeer om hulle uit die polisie-vên vry te laat.

Dis toe dat die drie beamptes begin skiet en Dyk getref het.

Jethro Adonis het aan Son vertel dit is by hulle huis waar die klopjag gehou is.

Adonis sê die polisie het aanmekaar by hulle huis dwelms kom soek en wou weet of hulle met dwelms smokkel.

Hy sê toe die polisie toeslaan, het hulle nie eens ’n lasbrief gehad nie.

Maricia Hess
Maricia Hess, Dillon Dyk se suster, en sy ma, Esmarelda, vertel hoe hulle die skoknuus van sy skietdood ontvang het.

Adonis vertel: “Ek het by die deur gestaan, toe sien ek die polisie aankom. Ek het vir hulle naand gesê en gevra wat hulle soek.

“Hulle het straight verby my gestap en Gershwin deurgesoek, maar toe kry hulle niks onwettigs nie.

“Ek is na my kamer en toe ek daar kom, toe sien ek die polisie. Ek het gaan sit en hulle het my gevra of hier niks in die huis is nie.

“Voor hulle begin skud, toe hoor ek iemand buitekant skreeu: ‘Hulle slaan my!’

“Ek het uitgekom en gesien die polisie het Cheslyn Januarie beet en hy hou sy kop vas.

“Hulle het hom na die vên toe geforce. Ek het toe vir hulle gevra hoekom hulle elke keer mense slaan as hulle hierheen kom.

“Die polisieman het toe vir my gesê ‘Hey, jou ma se p**s. Julle almal se ma se p**se*. Toe ruk hy die gun uit en toe cock hy dit.

“Toe vra ek hom: ‘So, jy gaan nou so maak?

“Toe sê hy weer vir my ‘Ek skiet vir jou vrek, jy. Jou p**s.

“Terwyl ons daar gestaan het, het daar ’n klip deurgekom, maar ons het nie gesien wie gooi nie.”

Volgens Adonis het die polisiebeamptes hierna gedreig om hulle te skiet en het weg van hulle gery. Hy sê dís toe hulle begin skote op die skare afvuur het.

Adonis verduidelik verder dat die polisie probeer wegry het toe iemand hulle met ’n baksteen gooi en een van die beamptes weer ’n skoot afvuur. Die koeël het Dyk getref. Hy wat Adonis is, vertel hy het gesien hoe hy omval.

Esmeralda Frans
Esmarelda Frans kan nie glo haar seun, Dillon Dyk, het op so ’n wyse gesterf nie.

Gevoel

Esmarelda Frans, Dyk se ma, het aan Son gesê sy was in haar huis toe sy die skote hoor afgaan.

Frans sê sy het net ’n gevoel gekry dat dit haar seun is.

Volgens haar was hy slegs oomblikke voor dit by haar.

’n Hartseer Frans vertel: “Ek het die geraas gehoor en vir my ander seuntjie gesê dit klink soos gun-skote.

“Ek het gehoor hoe die mense aangaan en gesê hulle moet gaan kyk, want dalk is dit Dillon.

“Toe hulle terugkom, toe sê hulle maar dis vir hom wat hulle raak geskiet het. Hulle het gesê hy is deur die linkerwang geskiet en hy kan nie praat nie. Die ambulans het gekom en hulle het hom op die hartmasjien gesit, want hy’t nog gelewe.

“Op pad hospitaal toe, toe is hy dood. Ons is agterna en toe ons daar kom, toe lê hy steeds in die ambulans. Dit was nie lekker om hom so te sien nie, want hy het nie verdien om so wreed te sterf nie.

Polisiewaghond

Volgens Frans was die polisie reeds by hulle.

Lizzy Suping, woordvoerder van die polisiewaghond, die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (OPOD), ondersoek hulle tans die saak.

Volgens Suping het drie polisiebeamptes Dinsdagaand 20:46 ’n klopjag vir dwelms in Caledon uitgevoer.

Sy verduidelik: “Die polisiebeamptes het twee verdagtes gearresteer en die gemeenskapslede het gewelddadig geraak en die polisiebeamptes aangeval.

“Die verdagtes is na bewering vrygelaat en die polisievoertuig is deur gemeenskapslede beskadig.

“Die polisiebeamptes moes hulle vuurwapens gebruik om die gemeenskapslede uitmekaar te kry en een man is geskiet. Hy is in die ambulans op pad hospitaal toe dood.”

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees