KYK | Cloete-familie ontvang uiteindelik huis in Distrik Ses

akkreditasie

DIE Cloete-familie van Elim, kon Maandag nie hul opgewondenheid in beteul nie, na hulle hul huis in Distrik Ses ontvang het.

Die vyf kinders het 27 jaar lank vir die oomblik gewag, om die sleutel van hul huis te kry, ná hul ouers in 1971 uit Distrik Ses geskop is.

Volgens Martin Cloete (59) het sy ouers in Hanoverstraat in Distrik Ses in 'n klein huisie gewoon, maar hulle was gelukkig. Hulle huisie was een van vele wat tydens die groepsgebiedswet platgestoot was.

Martin, Colin, Marina (62), Sheila Newkirk, Marina Cloete en Lorenda Adams en nóg familie, het die emosionele oomblik met champagne gevier.

Lorenda Adams sê: “Dit is ons Mandela-oomblik, want ons het óók 27 jaar vir ons huis in Distrik Ses gewag. Dit was 'n lang en moeilike pad, wat ons as broers en susters saamgeloop het.”

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees