Cele kap na Wes-Kaapse regering

akkreditasie
Bheki Cele het nie sê om polisie se mag te verminder. Foto: News24
Bheki Cele het nie sê om polisie se mag te verminder. Foto: News24

Die minister van polisie, Bheki Cele, het na die Wes-Kaapse regering gekap oor hul voorstel dat die mag van die polisie verminder moet word.

Die Wes-Kaapse regering glo dit sal help om misdaadvlakke af te bring.

Cele het Donderdag met Cosatu gepraat nadat hulle deelgeneem het aan 'n betoging teen misdaad en hoë petrolpryse.

Cosatu-lede het deur Kaapstad se middestad na die provinsiale wetgewer, die Civic Centre en die parlement ge-march.

Cele het gesê die provinsie maak baie geraas om die mag van die polisie te verminder.

Hy het gesê hy het self geen sê daarin om die polisie se mag te verminder nie.

"Dit is 'n grondwetlike saak. As iemand dit verander moet hulle na die konstitusisonele hof gaan."

Cele het gesê die Wes-Kaap het baie hulpmiddels gekry in vergelyking met ander provinsies.

"Oor die afgelope 18 maande het ons elke drie maande uitgekose polisie hierheen gestuur wat bestaan uit 200 lede van ander provinsies. Dit is die enigste provinsie wat 'n voltydse anti-gang unit het.

"Wanneer ek hierheen kom om lyke op te tel, is dit nooit lyke van Constantia, Bishops Court of Kampsbaai nie.

"Dis almal lyk van die Cape Flats. Ons het dus begin om polisie van die stasies af te stuur wat die minste besig is, na die stasies wat die besigste is. Die situasie sal in Desember beter wees."

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 297 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees