Boewe vat haar freezer, PC ook

akkreditasie
Marilyn Emtosh sê daar is by haar container ingebreek, hoewel daar sekuriteitswagte moet wees.
Marilyn Emtosh sê daar is by haar container ingebreek, hoewel daar sekuriteitswagte moet wees.
verskaf

“EK VOEL onveilig.”

Só sê Marilyn Emtosh (59), ’n bewoner op die plaas Klein Jacobsdal naby Blackheath.

Dít is ná ’n inbraak by die container waarin sy nou bly omdat sy moes plek maak vir die Welmoed-behuisingsprojek.

Emtosh het Sondagoggend by haar huis aangekom en besef daar is by haar plek ingebreek.

“Die verdagtes het deur die venster gekom en my plek binnegaan. Dít terwyl daar sekuriteit op die perseel is,” vertel sy.

Sy sê haar deep freezer is weg, asook haar computer screen en -boks.

“Die plek is so deurmekaar, dis nog onduidelik of daar enige iets anders weg is,” sê sy.

Gat

Sy sê die verdagte(s) het deur die heining gekom wat die grond omring waarop sy en ander bewoners bly.

“Daar is ’n groot gat in die heining en hulle moes daardeur gekom het. Dit is reg langs my huis. Ek het wel later die deep freezer teruggekry.

“Maar ek is ongelukkig, want daar is vir ons gesê die security is daar om seker te maak niemand anders kom op die perseel nie.”

AO Joseph Swartbooi, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n klag van inbraak word ondersoek.

Geen arrestasies is gemaak nie, het hy bygevoeg.

Nathan Adriaanse, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van menslike nedersettings, sê hulle is nie oor die inbraak ingelig nie.

Hy sê daar is veronderstel om twee wagte aan diens te wees vir toegangsbeheer en patrollie-doeleindes op die perseel.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees