Beweerde sekspes kry bail

akkreditasie
Ntabazalila sê verder die man word aangekla van grooming en verkragting.
Ntabazalila sê verder die man word aangekla van grooming en verkragting.
Getty Images

’N SAKEMAN (40) van Hermanus is borgtog van R10 000 toegestaan nadat hy herken het hy het seks gehad met ’n 12-jarige meisie.

Volgens ’n woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), Eric Ntabazalila, het die man Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Ntabazalila sê verder die man word aangekla van grooming en verkragting.

Volgens Ntabazalila is die man, wie se naam nie genoem mag word voordat hy gevra is om te pleit nie, borgtog toegestaan nadat hy herken het hy het seks met die 12-jarige meisie gehad omdat hy gedink het sy is ouer as 16-jaar-oud.

“Die borgtog is toegestaan ondanks die staat se hewige teenkanting dat hy borgtog kry,” voeg hy by.

“Hy het ook herken dat hy drie ander girlfriends het, twee in Grabouw en ’n ander ook van Hermanus, maar hulle is ouer.

Kontak 

“Die hof het ook gehoor dat die grooming begin het oor sosiale media toe die meisie nog 11-jaar-oud was.”

Nadat die borgtog toegestaan is, het die hof borgtogvoorwaardes gesit dat die beskuldigde nie die Hawston-area mag betree nie.

Hy mag ook nie die beweerde slagoffer direk of indirek kontak nie.

Die saak is tot 13 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel.

Die beweerde verkragter is uit op R10 000 borgtog.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees