Betoog en rig dreigemente

akkreditasie
Cosatu-geaffilieerder werkers betoog buite die Civic Centre teen geweld en hoë petrolpryse.
Cosatu-geaffilieerder werkers betoog buite die Civic Centre teen geweld en hoë petrolpryse.
Anele Mfazwe

“ONS sal weer terugkom.”

Dis die dreigement deur Cosatu-geaffilieerde werkers aan die City of Cape Town se mayor, Geordin Hill-Lewis.

Dit was nadat die mayor Donderdagoggend versuim het om persoonlik hul memorandum van klagtes te aanvaar.

Cosatu het teen die hoër petrolpryse sowel as gewelddadige misdaad betoog.

Hill-Lewis het egter sy chief of staff, James-Brent Styan, gestuur om die memo te ontvang. Dit het die betogers kwaad gemaak.

Die Wes-Kaapse Cosatu-sekretaris, Malvern de Bruyn, en die provinsiale voorsitter, Motlatsi Tsu­bane, het gesê hulle sal nie die memorandum aan iemand anders as Hill-Lewis oorhandig nie.

Albei leiers hou vol die mayor het die werkers en hul kwessies geminag deurdat hy nie self die memo ontvang het nie.

De Bruyn sê later hulle sal ná sewe dae weer terugkeer en hoop Hill-Lewis sal beskikbaar wees.

Styan vertel die media later Hill-Lewis was besig met ’n vergadering waar sekuriteitskwessies bespreek is om oplossings te kry op die einste klagtes wat die werkers pla.

Cosatu
Honderde werkers march deur die strate.

Hy sê verder: “Veiligheid en sekuriteit is nommer een, dis die top-prioriteit op die mayor se lys – om inwoners veilig te laat voel.”

Volgens hom sal die mayor binnekort aankondigings maak waardeur die Kaap ’n veiliger plek gemaak sal word. Die betogers het daarna na die Wes-Kaapse wetgewer beweeg waar die provinsiale minister van polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, op hulle gewag het.

Reagen het die skare toegespreek nadat die memorandum van klagtes deur die Wes-Kaapse Cosatu-tesourier, Ingrid Beukes, gelees is en drie ander sprekers gepraat het.

Die Wes-Kaapse SAKP-sekretaris, Benson Ngqentsu, het voor Beukes die werkers toegespreek.

Ngqentsu het gesê: “Vandat die DA-regering in dié provinsie oorgeneem het, het die koers van misdaad geëskaleer.

“Deel van die probleem met dié DA-regering en wat dié LUR langs my (Allen) moet weet, is dat die DA-administrasie nie huise vir ons mense gebou het nie.

“Die DA-administrasie hier in die Wes-Kaap maak nie potholes in arm gebiede reg nie. Ons weet egter dit vat nie eers ’n dag om slaggate in ryk areas reg te maak nie.

Beroof

“As daar potholes is waar jy bly, is jy kwesbaar aan kapings en rooftogte. As jy ’n plek soos Philippi kyk, as ’n voorbeeld, word daar mense beroof terwyl hulle probeer om potholes te vermy.”

Allen was duidelik kwaad toe hy sy beurt kry om te praat. Hy het gesê kwessies waaroor die werkers betoog, is dieselfde as wat hy in sy eerste 100 dae op sy pos met die nasionale regering geveg het.

“As ek nie besig was nie, sou ek saam met julle na die nasionale parlement gemarch het om te wys ons moet dié geveg na die nasionale regering vat,” het hy verder gesê. Dit voordat Tsubane die mikrofoon by hom gegryp het.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 297 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees