Bendes: Geweld ruk nou handuit

akkreditasie
'n Matrikulant is ook in die voortslepende bendegeweld doodgeskiet.
'n Matrikulant is ook in die voortslepende bendegeweld doodgeskiet.
Foto ter illustrasie

’N MATRIKULANT is een van die vele mense wat die laaste tyd in Wesbank koelbloedig doodgeskiet is.

Volgens Lorna Frieslaar van die GPF in Wesbank het die voorval laas Donderdagaand plaasvind.

Dit was net nadat ’n lorrie-driver daardie Donderdagoggend in Wesbank doodgeskiet is.

Die driver is in Montchellostraat voor die Paradise Spaza shop in sy lorrie doodgeskiet.

Die naweek is ’n man in Southdenestraat doodgeskiet.

Bang

Frieslaar sê: “Die moorde was ’n rukkie stil. Nou het dit weer skielik opgevlam.

“Die gemeenskap is te bang om met inligting vorendag te kom.

“Die polisie het die hulp van die gemeenskap nodig om die bendegeweld te help bekamp.”

Zandré Allen, ’n gemeenskapsleier in Wesbank, sê: “Die naweek het nog ’n jong man sy lewe weens die bendegeweld verloor.

“Dit is baie hartseer vir die gemeenskap en baie mense het al deur die jare hulle lewe weens die skietery verloor.

Dowe

“Ons het al briewe geskryf, petisies opgestel ... maar die regering luister nie na ons nie.

“Ons pleidooie vir ’n satelliet-polisiestasie val op dowe ore.

“Dit wys net weer die regering vat ons veiligheid nie ernstig op nie.”

Volgens Edith van Wyk, nog ’n gemeenskapsleier, is daar Saterdag eers ’n man in die buurt doodgeskiet en daarna is iemand by sy huis deur gangsters raak geskiet.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees