‘DIS N SKANDE

akkreditasie
Ontevrede: Die ondersteuners sê hulle het nie veel om te celebrate nie. Foto’s: curt lottring
Betoog: Ondersteuners van die nege Ses’khona-lede beaam wat Andile Lili, hul leier, aan hulle sê.

NEGE strontgooiers wat gister opgeskorte vonnisse gekry het, sê hulle gaan teen dié vonnis appelleer.

Die lede van die omstrede Ses’khona People’s Rights Movement, onder wie die leiers Andile Lili en Loyiso Nkohla, sê die regstelsel word gebruik om die armes te verdruk.

Die ANC-voorsitter in die Wes-Kaap, Marius Fransman, het die hofverrigtinge bygewoon en saamgestem.

Die nege kon tot 30 jaar tronkstraf gevonnis word omdat hulle in 2013 stront by die Kaapse internasionale lughawe gegooi het.

Streeklanddros Nonkosi Saba het in vonnisoplegging gesê die nege kan wel positief tot die samelewing bydra.

Saba het gesê sy verstaan die lot van armes nou beter. Sy het bygevoeg dat hulle drie maande met stink pota-potas gesit het wat nie skoon­gemaak is nie.

Sy het al nege beskuldigdes tot 36 maande tronkstraf gevonnis, wat vir 5 jaar opgeskort is. Hulle sal gedurende dié tydperk in huisarres geplaas word.

Van die voorwaardes is dat hulle by hul plaaslike polisiestasie moet aanmeld en maandeliks 18 uur gemeenskapsdiens moet doen.

Saba het gesê sy is daarvan oortuig dat die strontgooiers nie gevaarlike misdadigers is nie en nog gerehabiliteer kan word.

“Dit hang nou van julle af wat julle met dié geleentheid gaan doen. Ek het al mense gesien wat dié geleentheid kry wat steeds na hierdie hof terugkeer.”

Lili het buite die hof sowat 300 supporters toegespreek en gesê daar is niks om te vier nie. Hy het gesê hulle gaan teen die vonnis appelleer.

“Dié is een van die sake waarin armes verdruk word, wat die seerste maak. Dis ’n skande dat ons huisarres gekry het.

“Ons moet begraafplase en polisiestasies skoonmaak. Ons kan dit nie aanvaar nie,” het Lili bygevoeg.

Fransman het op sy beurt gesê die saak was ’n verhoor teen die menswaardigheid van armes in die Wes-Kaap.

“Ons respekteer die vonnis, maar dit beteken nie ons kan nie daarteen appelleer nie. Hulle moes nie vervolg gewees het nie.

“Die Kaapse mayor was veronderstel om verhoor te gewees het omdat sy toegelaat het dat mense ses jaar met pota-potas sit.”

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees