Seun breindood ná beweerde TikTok challenge

akkreditasie
'n Seun is breindood verklaar nadat hy glo 'n TikTok challenge gedoen het.
'n Seun is breindood verklaar nadat hy glo 'n TikTok challenge gedoen het.
foto ter illustrasie

DIE alombekende TikTok is weer onder die vergrootglas ná ‘n 12-jarige se lewe letterlik afhanklik is van ‘n masjien na ‘n beweerde challenge op die platform.

Archie Battersbee (12) is breindood verklaar nadat hy op 7 April by die huis met ‘n ligatuur om sy nek inmekaar gesak het.

Hollie Dance, Battersbee se ma, glo haar seun het dalk ‘n TikTok-uitdaging probeer kort voordat hy bewusteloos gevind is. Die uitdaging moedig gebruikers aan om hulself te verstik totdat hulle die punt bereik waar hulle hul bewussyn verloor.

Battersbee is deur sy ma gevind met 'n koord om sy nek en is ondanks alle mediese pogings om hom te red breindood verklaar. Dit is ook tans medici se opinie dat hy van lewensondersteuning afgehaal moet word.

Battersbee se ouers het 'n aansoek by die Europese hof vir menseregte ingedien in ‘n poging om die afskakeling van sy lewensondersteuning uit te stel.

Volgens gerugte is die seun se geval maar een van vele.

Intussen het dokters uitstel om Battersbee se lewensondersteuning af te skakel, goedgekeur

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 296 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees