Ontlasting van Vladimir Putin opgevang

akkreditasie
Russia's President Vladimir Putin. Photo by Alexei NikolskyTASS via Getty Images
Russia's President Vladimir Putin. Photo by Alexei NikolskyTASS via Getty Images

LYFWAGTE van Rusland se president, Vladimir Putin, vat sy poop saam as hy klaar is met nommer 2.

Dis wat twee ondersoekende joernaliste gesê het.

Regis Gente, wat twee boeke oor Rusland geskryf het en Mikhail Rubin, wat reeds 13 jaar oor Rusland skryf, het die beweringe in die Franse tydskrif Paris Match gemaak.

Volgens die artikel is die Federal Protection Service (FSO) verantwoordelik om Putin se ontlasting op te vang. Gente en Rubin sê elke keer as Putin toilet toe gaan, het hy 'n spesiale sak waarmee hy die ontlasting opgevang word. Dit word teruggestuur na Rusland in 'n spesiale tas.

Die verslaggewers skryf dit het gebeur met Putin se besoek aan Frankryk in Mei 2017 en sy besoek aan Saoedi-Arabië in Oktober 2019. Dit word blykbaar gedoen sodat ander lande nie enige inligting het oor die 69-jarige Putin se gesondheid nie of iets in sy DNA kan opspoor nie.

Gerugte doen die ronde dat Putin nie te gesond is nie, maar daar is geen bewyse dat hy wel siek is nie. 

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees