
DIE wynprodusenteliggaam Vinpro het 'n dringende hofaansoek by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien in 'n poging om die jongste verbod op wynverkope opgehef te kry.
Vinpo het vroeër vanjaar ook die hof genader en daardie saak sou in Augustus aangehoor word.
Hulle het egter nou besluit om weens die jongste vlak 4-beperkings die hof op 'n dringende basis te nader.
Rico Basson, Vinpro se besturende direkteur, sê weens die verbod, sonder finansiële steun van die regering, lyk dinge maar donker vir hul besighede en werkers.
"Die jongste verbod van twee weke volg op die 19 weke van inkomsteverliese die afgelope 15 maande, wat 'n rampspoedige impak gehad het op die wyn- en toerisme sektor wat meer as 269 000 mense in diens het.
"'n Groot aantal van ons wynvervaardigers en wynmakerye is klein. Meer as 80% van die 529 wynmakerye is klein- en medium ondernemings en maak staat op direkte verkope aan klante."
Die Suid-Afrikaanse Brouerye het ook Woensdag aangekondig hulle wil die hof op 'n dringende basis nader. - The Citizen