Vrou wat glo deur seun vermoor is, begrawe

akkreditasie
Die 57-jarige vrou se lyk is in die badkamer aangetref.
Die 57-jarige vrou se lyk is in die badkamer aangetref.
Facebook

ZORIEA Baker (57) van Wellington, wat na bewering deur haar seun vermoor is, is Woensdagaand begrawe.

Baker se erg geskende lyk is in haar badkamer in haar huis in St. Georgestraat gekry.

Haar seun, Riyaad Baker (28) is deur die cops vir haar moord gearresteer.

Volgens 'n buurvrou, wat verkies om anoniem te bly, beweer sy het verskeie kere by die cops gekla oor die seun wat so met sy ma aangaan en ook háár familie treiter.

Die buurvrou se: "Die polisie het die vrou gefaal, want ek het hulle gereeld gebel, maar hulle het niks gedoen nie.

"Hy het my familie ook al gedreig en my gevra om my kind vir hom te gee, want hy wil my kind doodmaak.

"Hy het die oggend van die moord die deur oopgemaak en gesê hy het sy ma vermoor.

"Ons was te bang om te gaan kyk, want hy is soms geweldadig.

"Ons het van die mans in die straat gevra om te kyk of die vrou okay is.

"Hy het geweier dat die mans ingaan en hulle het bloed aan sy hande gesien.

"Hulle het die deur oopgeforce en op die vrou se bebloede lyk in die badkamer afgekom.

"Die polisie het die seun op toneel gearresteer."

Die inwoners van St. Georgestraat beweer die man het mental problems en was al verskeie kere in 'n inrigting opgeneem.

Die cops het bevestig 'n verdagte is gearresteer en sal binnekort in die hof verskyn.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees